THE SUPREME COURT OF APPEAL
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

MEDIA STATEMENT – CASE HEARING IN SUPREME COURT OF APPEAL
 
Shoprite Checkers v Grobbelaar

Supreme Court of Appeal -460/04 Hearing date: 13 September 2005
  Judgment date: 26 September 2005
Maatskappyereg – onnodig om te voldoen aan a 228 van Maatskappyewet waar alleenaandeelhouer toestem tot verkoop van maatskappy se bates – oordraagbaarheid van regte in handelsinperkingsooreenkoms.

Media Summary of Judgment

VAN: Die Griffier

Neem asseblief kennis dat die mediaopsomming nie deel uitmaak van die uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl nie

***

SHOPRITE CHECKERS (EDMS) BPK v L J J BROBBELAAR EN ANDERE

Die Hoogste Hof van Appèl het ‘n beslissing van die Kaapse Hooggeregshof dat Shoprite Checkers by sluiting van sy saak teen twee voormalige direkteure en een voormalige werknemer nie voldoende getuienis aangevoer het om sy saak te bewys, omvergewerp.

Shoprite Checkers het die drie, L J J Grobbelaar, D J M Heyns en P C Welgemoed gedagvaar vir skadevergoeding in die bedrag van R8 625 339. Die skade, so is beweer in die hof, is veroorsaak deurdat die drie persone, teenstrydig met ‘n ooreenkoms ten inperking van hul handelsvryheid, na hulle bedanking meegeding het met Shoprite Checkers.

Die Hoogste Hof van Appèl het beslis dat daar wel genoegsame getuienis was dat die drie hul inperkingsooreenkomste verbreuk het en dat Shoprite Checkers daardeur skade gely het.

Die saak is na die verhoorhof terugverwys vir die aanhoor van die drie verweerders se saak.