THE SUPREME COURT OF APPEAL
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

MEDIA STATEMENT – CASE HEARING IN SUPREME COURT OF APPEAL
 
De Beer v Raad vir Gesondheidsberoepe SA

Supreme Court of Appeal -600/04 Hearing date: 18 November 2005
  Judgment date: 29 November 2005
Appèl ingevolge art 20 van Wet 56 van 1974 – teen beslissing van die Geneeskundige en Tandheelkundige beroepsraad om die appellant se naam uit die register van geneeshere te skrap – geen wesenlike mistasting deur die raad – straf ook nie buitensporig swaar – appèl gevolglik van die hand gewys

Media Summary of Judgment

Van: Die Griffier, Hoogste Hof van Appèl

FREDERIK DE BEER APPELLANT en DIE RAAD VIR GESONDHEIDSBEROEPE VAN SUID-AFRIKA RESPONDENT

(1) Op 29 November 2005 het die Hoogste Hof van Appèl die appèl van die appellant, dr F de Beer, met koste van die hand gewys. Dr de Beer is by die Mediese en Tandheelkundige Raad ('die raad') as geneesheer geregistreer. Na 'n verhoor voor 'n tugkomitee van die raad, het die tugkomitee by die raad aanbeveel dat hy skuldig bevind word aan onprofessionele gedrag op grond van seksuele wangedrag teenoor een van sy vroulike pasiënte. As straf vir hierdie oortreding het die tugkomitee aanbeveel dat dr De Beer vir twee jaar in sy praktyk geskors word, maar dat hierdie skorsing voorwaardelik opgeskort word vir 'n tydperk van vyf jaar.

(2) Die raad het die tugkomitee se aanbeveling oor skuldigbevinding aanvaar, maar beslis dat die aanbevole straf onvoldoende sou wees om as straf vir dr De Beer se ernstige wangedrag te dien. Gevolglik het die raad gelas dat sy naam uit die register van geneeshere verwyder moet word. Hierteen het dr De Beer appèl aangeteken, in wese op die basis dat die raad die tugkomitee se aanbeveling oor straf moes aanvaar. Die Hoogste Hof van Appèl was egter van oordeel dat die kritiek teen die raad se beslissing ongeregverdig is. Gevolglik is die appèl met koste van die hand gewys.